Foto van 'n vuil kind in wit plakkerskamp

Waar n volk sy skaamte weggegooi het

Hierdie treffende artikel is ‘n uittreksel uit ‘n verslag geskryf deur Daniël Lötter van Front Nasionaal, na ‘n besoek aan MunsiVille blanke plakkerskamp by Krugersdorp.

Volgens Solidariteit se Helpende Hand oorskry die getal armoedige blankes lank reeds 600 000, en hierdie getal neem toe teen ‘n koers van sowat 7 500 gesinne per jaar (650 gesinne per maand). 

Photo of family in Munsieville white squatter camp
Waarheen met jou dogtertjie se toekoms?

Dit was op ‘n tyd ‘n ashoop – ‘n plek waar mense vuilgoed weggegooi het. Die dinge in hulle huise en lewens wat van geen nut was nie en ‘n bron van skaamte geword het. Gebreekte goed.

Nou is dit mense wat daar weggegooi is. Bejaarde mans met verrimpelde hande. Kinders met groot oë…net oë waarin daar niks uitdrukking meer is nie. Kinders wat na dinge kyk sonder om in te neem wat hulle sien, want dinge rondom hulle is maar net daar, dit het geen nut nie.

Uit die maalkolk van die menslike gang aan die Gautengse Wes-Rand het hulle hier uitgespoel. Die man in die sinkhok – wat op ‘n afstand lyk soos die tipiese hok wat op ‘n boereplaas staan vir die werfhond. Maar dis ‘n mens wat daarin skuiling maak. Die man wat geopereer is vir ‘n breuk, maar die wond is nou oop. 13 cm lank, 5 cm wyd en stinkend van die verswering van septisemie. “Het jy vir my pleisters gebring?” vra hy “Ek gee hom nog ‘n week,” sê die ou man wat saamloop. “Dis die vyfde een vanjaar. Hulle wonde raak septies en hulle sterf. Nog ‘n week, ek het dit al baie gesien…”

Photo of child on rocking horse in white squatter camp
Speeltyd in Munsieville | Foto-krediet Jacques Nelles 9 May 2015

Nie ver daarvandaan is ‘n skuiling waarin twee bejaardes woon. Hulle het albei meer as 70 lewensjare agter die rug. In Zimbabwe was hy ‘n welvarende man, ‘n loodgieter. Maar hy is daar verdryf en hy kon nie sy voete hier weer vind nie. Die vrou lê. Sy het nie meer voetsole nie, die onderkant van haar voete is ‘n gistende wond. Maar die klinieksusters kom nie na hierdie plek toe nie. Sy moet gestut word om aan te sukkel tot waar ‘n taxi haar kan oplaai en by ‘n staatshospitaal gaan los.

En die klinieksusters is nie die enigste wat hier wegbly nie. “Die vrou daar oorkant se man is ‘n rukkie terug dood,” sê die ouman wat saamloop. “Die predikante wou nie hierheen kom om te help nie. Ons het een van die swart pastore wat in die veld kerk hou gevra om hom te begrawe.”

Mense kom nie hierheen nie. Mense gaan nie na die ashoop van siele nie.

Photo of girl at fire in Munsieville white squatter camp
Saterdagaand – daar’s geld vir drank | Foto-krediet Jacques Nelles 9 Mei 2015.

Tussen die klippe speel ‘n klompie kinders. Dis ‘n moedelose spel, sonder doelwit of rede. Hulle ken selfs nie die mees basiese vaardighede nie, want wanneer anders kinders leer om te tel deur ‘n ma wat sê: “Gaan haal vir my 3 eiers” of “Hardloop gou kafee toe met hierdie R20 noot en koop ‘n brood. Kyk dat jy die regte kleingeld kry,” leer hulle dit nie aan nie. Hier is selde drie eiers om te gaan haal en R20 is ‘n fortuin wat hulle nie ken nie. Die enigste rede vir hierdie spel van hulle is om die tyd om te kry en moeg genoeg te raak om te slaap. Die kinders speel in Afrikaans, dis asof die woorde van hulle spel wegskram van hierdie verrotte aarde af. Dis nie ‘n taal wat jy op ‘n ashoop wil hoor nie. Daar is geen skaduwee nie, geen bome of struike nie, geen vrugbare grond vir groente nie, geen water om dit mee nat te maak nie. Dis net die glansende wit son bo hulle wat hierdie spel waarneem. En tog speel hulle… Dis die oë wat jou die hardste slaan. Groot donker poele van blou verwagting na iets wat hulle self nie kan identifiseer nie.

Dit is die teenstrydigheid, die harde afbakening van realiteite wat ‘n mens die diepste tref wanneer jy hier loop. Die opslaankaia wat pynlik netjies en skoon is met die handgeskrewe kennisgewing langs die deur: “Hier klop jy voor jy inkom.” Nie omdat daar iets in is om weg te steek nie – op hierdie ashoop van menslike verval kan niks weggesteek word nie. Maar omdat die enigste anker nog die laaste bietjie selfrespek en eiewaarde is.

Daarteenoor is die verlies, juis aan skaamte en selfrespek, die sigbaarste by die kinders. Die drie seuntjies, twee witkoppe wat duidelik boeties is en die donkerkoppie met die parmantige kroontjie en die sprinkeling sproete wat in die asdrom agter die swart gesin se kaia krap. Hulle doen dit elke oggend…

Photo of barren ground in Munsiville squatter camp
Bar, lewelose grond en geen water. Drinkwater kom van bure in die nabygelee swart nedersetting

Voor een van die skuilings staan ‘n lamlendige houtbankie met ‘n dogtertjie daarop. Die krulle van die ligbruin, toutjieshare kleef aan haar voorkop en laag in haar nek vas. Miskien is sy drie, dalk al ses. Hulle ontwikkel nie hier soos ander kinders nie. Dis kinders van onbepaalbare ouderdom, sommige ou, ou mensies in kinderlyfies. Sy is vuil met die vuilheid van baie dae en sy hoes terwyl sy klaend na haar ma roep. “Die ma is netnou hier weg saam met die Nigeriërs, sy sal terugkom met geld en kos vir die kleintjie na vanaand se kant toe,” sê die ouman wat saamloop.

Wanneer sy vanaand terugkom sal sy oorstap na die saamgebondelde kaias en hop-huise waarin die swart inwoners van hierdie plek woon. Hulle het darem water en toilette. En daar sal sy ‘n kom water bedel om die stank van misbruik van haar liggaam af te was. Almal doen dit – want die lopende water en toilette wat hulle drie jaar gelede beloof is, het nog nooit gekom nie. Hulle bedel almal waswater en drinkwater by die swart plakkerskamp.

Sy sal haar liggaam daarmee was, maar die etterende sweer aan haar gees sal sy nie kan genees nie. Dit het al té stukkend geraak. Die man met die operasiewond sal sterf, en ‘n swart lekeprediker sal hom naby die ashoop begrawe en hy sal vergete raak. Sy sal sterf lank voordat sy dood is. En die dogtertjie sal volgende jaar 4 jaar oud wees, en dan 5 en dan 6 en niemand weet wanneer die eerste keer sal wees dat ‘n Nigeriër hom aan haar vergryp nie. Want daar is niemand wat dit sal kan keer nie.

Photo of white woman sitting outside a sink kaia in Munsieville white squatter camp
Waar die lewe jou uitspoeg | foto-krediet James Cheadle Solent

‘n Mens ry nooit terug na ‘n ashoop om te gaan kyk wat het geword van die goed wat jy weggegooi het nie. En dit is dalk die verskriklikste aanklag van alles – niemand kom hierheen om te kyk wat het geword van sy broers en susters wat weggegooi is nie.

Ek ken my kollega. Ons werk lankal saam, ons praat en beplan en deel ons ideale en drome vir ons volk en huil soms by mekaar. Ek ken haar, ek noem haar lankal : “my kleinsussie”. Lenel Cotty Wessels van Front Nasionaal is ‘n sakevrou, ‘n beplanner, ‘n doener, ‘n strateeg. Sy hou kop en bestuur situasies en dink doelgerig. Maar toe sy my gisteraand bel kon ek hoor dat sy emosioneel hard getref is. Sy het gery na dié plek om te gaan kyk hoe lyk die realiteite van blanke armoede. En sy het ‘n kykie gehad in die ingangsportaal van hel op aarde….”

Foto-krediete Jaques Nelle en James Cheadle | Solent News

4 thoughts on “Waar n volk sy skaamte weggegooi het”

    1. Juis. Die nuutste syfers dui daarop dat die aantal blankes in plakkerskampe nou reeds by die 800 000 trek. Met die huidige (en toekomstige) ekonomiese klimaat is dit iets wat met enigeen kan gebeur, en ons elkeen dalk aan eie bas kan voel. Vra asseblief u politieke party verteenwoordiger om daadwerklik op te tree om selfbeskikking te help bewerkstellig. Die VVA se regsproses is nou feitlik voltooi en ons spring nou weg met die laaste groot taak: om 2 miljoen stemme te verkry, om ons die reg te gee om onafhanklikheid te verklaar. Samewerking is die enigste ding wat ons kan help.

Leave a Reply to WA Liebenberg Cancel Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *